André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die omstandighede rondom die dood van twee volwassenes, ’n man en ’n vrou, ondersoek word na ’n voorval wat Saterdagmiddag om 14:00 in Bergsig in Caledon plaasgevind het.
Daar word verneem dat die man sy 43-jarige vrou geskiet het voordat hy die vuurwapen op homself gerig het.
’n Saak van moord sowel as ’n geregtelike doodsondersoek-dossier is geregistreer.
Die identiteit van die oorledenes is aan AfriNuus bekend. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het dit egter nog nie bevestig nie en word daarom weerhou.