Die liggaam van ’n jong vrou wat in haar 20’s is, is Maandag in ’n wielietjie-asblik (wheelie bin) buite ’n huis in Old Cross-weg, in Nyanga, ’n township buite Kaapstad, ontdek.
Volgens ’n polisieverslag het die mense wat in die huis bly gehoor hoe ’n wielietjie-asblik op die perseel getrek word. Hulle het na buite gegaan en gesien hoe ’n man die asblik stoot.
Toe hulle hom vra wat hy op die perseel doen, het hy die eiendom verlaat. Toe die asblik oopgemaak is, is die lyk gevind.
Frederick Van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het die nuus bevestig.
Van Wyk sê ’n moordsaak is vir verdere ondersoek geopen.
Die gemeenskap van Nyanga het vandag hul woede oor die toenemende geweld en misdaad in die area na die strate geneem. Hulle het na die Nyanga-polisiestasie opgeruk en geëis dat die verdagte(s) in hegtenis geneem word.
AfriNuus verneem dat die vrou in haar 20’s is, en dat haar liggaam by die huis van ’n bejaarde vrou gelaat is.