Kaptein Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het bevestig dat ’n 43-jarige sekuriteitsbeampte by Laerskool Malebaleba in Kutloanong aan diens was, toe ’n onbekende man een skoot op hom afgevuur het.
Op Maandag 1 Augustus 2022 om 23:25 word beweer ’n skerp voorwerp gebruik is om die klaskamer waar die sekuriteitsbeampte was met geweld oop te breek, waarna hy vasgebind en ’n vuurwapen op hom gerig is.
Verdagtes het na die personeelkamer gegaan en met skootrekenaars en kontant, asook ander waardevolle items gevlug. Ná vier ure het die sekuriteitsbeampte daarin geslaag om homself los te maak en polisieowerhede na die skoolterrein ontbied. Die sekuriteitsbeampte het geen beserings opgedoen nie en ’n saak van besigheidsroof word ondersoek.
Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van hierdie verdagte(s) kan lei, kan konstabel Modise Kotsi van Odendaalsrus-speurdienste by 082 301 2797 of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 kontak. Wenke kan via die MySAPD-toepassing ingedien word.