Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) het bevestig dat die liggaam van ’n vrou Woensdagoggend onder ’n brug op Gopalall Hurbansweg naby Gandhis Hill in KwaZulu-Natal ontdek is.
’n Lid verbonde aan Rusa het die semi-naak vrou opgemerk terwyl die lid die brug oorgesteek het.
Die beampte het om 06:53 bystand versoek.
Bykomende reaksiebeamptes en mediese personeel is uitgestuur en het die vrou by aankoms langs ’n spoorlyn onder ’n brug opgespoor.
Sy was naak van onder die middellyf. Sy het talle beserings aan haar kop en gesig opgedoen. ’n Groot klip wat met bloed bedek was, sowel as die oorledene se klere en ’n leë beursie, is naby haar liggaam gevind.
Die vrou is vermoedelik verkrag, waarna sy met ’n klip doodgeslaan is.