Makashule Gana, senior DA-lid, het vandag bevestig dat hy dié politieke party ná 20 jaar verlaat.
Hy het onlangs as die DA-lid van die Gautengse wetgewer gedien.
In ’n Twitter-plasing skryf hy: “Ek het vandag bedank as lid van die DA en Gautengse wetgewer. Ek sal saam met ander die moontlikheid ondersoek om ’n inklusiewe politieke alternatief te bou wat politieke mag in 2024 sal betwis.”
In ’n verklaring het Solly Msimanga, DA-leier in Gauteng, gesê: “Die DA neem kennis van die bedanking van Makashule Gana uit die party en as lid van die Gautengse provinsiale wetgewer (GPL) vandag.
“Ons wil hom bedank vir sy geweldige bydrae tot die party die afgelope twintig jaar”.
Lees Solly Msimanga se volledige verklaring hier onder: