Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, het ’n versoek deur die African Transformation Movement (ATM) dat die Parlement ’n ondersoek instel na die beweerde toesmeerdery van die diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas na ’n onafhanklike paneel vir ’n besluit verwys het.
“Die Speaker van die Nasionale Vergadering het ingestem tot die artikel 89(1)-ondersoek van die ATM om Ramaphosa te vervolg vir die oortreding van die Grondwet,” lui ’n verklaring deur die ATM. “Die proses soos uiteengesit in haar brief sal basies die soortgelyke proses volg as in die geval van die Openbare Beskermer (OB).”