Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en Transnet het ’n bewaringsbevel van die Spesiale Tribunaal verkry om vyf luukse eiendomme en pensioenvoordele van ongeveer R1,8 miljoen van voormalige Transnet-bestuurders en hul gades te bevries.
Zakhele Lebelo, Transnet Property se voormalige uitvoerende hoof, en sy vrou Alletta Mokgoro Mabitsi, asook Phathutshedzo Brighton Mashamba en sy vrou Matlhodi Phillicia Mashamba, word nou verbied om hul luukse eiendomme in Rosebank en Dainfern te verkoop, verhuur, skenk of oor te dra.
Die SOE-ondersoek het aan die lig gebring dat die verkryging van die luukse eiendomme na bewering gefinansier is deur geld wat ontvang is van diensverskaffers wat deur Transnet gekontrakteer is.
Die SOE en Transnet het die Spesiale Tribunaal genader na aanleiding van ’n ondersoek deur die SOE wat aan die lig gebring het dat die twee voormalige Transnet-bestuurders na bewering onwettige finansiële voordele ter waarde van ongeveer R10 miljoen van Transnet-diensverskaffers ontvang het.
Die name van die diensverskaffers is Superfecta Trading 209 (Superfecta) en BBDM Bros Advertising Agency (BBDM).
Tussen Februarie 2016 tot Augustus 2018 het Superfecta meer as R64 miljoen se betalings van Transnet verdien as gevolg van sy besigheid met Transnet Property. Kragtens sy huurkontrak met Transnet is BBDM vanaf Maart 2015 tot Junie 2018 huurderinstallasietoelaes ten bedrae van meer as R73 miljoen betaal.
Die bestuurders het na bewering onwettige finansiële voordele gebruik om luukse eiendomme te bekom namens Trusts wat deur hulself en hul gades geadministreer word.
Superfecta was ’n verskaffer van elektriese en onderhoudsdienste.
Daarom is die luukse eiendomme opbrengs van onwettige aktiwiteite. Die luukse eiendomme is nou onder die sorg van ’n kurator.
Verder verbied die Spesiale Tribunaal-bevel die Transnet Aftreefonds om enige voordele wat dit van Zakhele Lebelo inhou, uit te betaal of oor te dra.
Lebelo was Transnet Property se voormalige uitvoerende hoof en het daarna op 28 November 2018 bedank, hangende ’n dissiplinêre ondersoek.
Op 16 Mei 2022 het Transnet Phathutshedzo Mashamba uit sy pos as streekbestuurder geskors hangende die SOE se ondersoek.
SOE se hoofadvokaat, Andy Mothibi, het gesê: “Die bevel is ’n voortsetting van die implementering van die uitkomste van die SOE se ondersoek en is gedoen om bates en finansiële verliese wat deur staatsinstellingsterug gely is, terug te kry.