Die DA sê dit bly ontsteld en ‘gewalg’ oor die minister van polisie, Bheki Cele, se “gelukkig om nie verkrag te word nie” uitspraak, wat “demonstreer hoe hy nie geskik is om die minister van polisie te wees nie.”
AfriNuus het vroeër berig dat Cele op nasionale televisie gesê het dat “’n 19-jarige vrou gelukkig was om deur een man verkrag te word, terwyl ander deur 10 mans verkrag is”.
Nazley Sharif, die DA se skadu-adjunkminister van vroue, jeug en mense met gestremdhede, sê dat Cele ná 7 dae sedert die voorval nog nie om verskoning gevra het of president Ramaphosa die ‘loslippige minister’ les opgesê het nie.
“Ons glo dat Cele se “gelukkig om nie verkrag te word nie” sentiment absoluut onaanvaarbaar en gevaarlik is. Dit hou ’n kultuur van ‘blaamdeel’ onder vroulike verkragtingslagoffers voort, en impliseer dat daar ’n soort dankbaarheid moet wees onder daardie vroue wat Suid-Afrika se verkragtingspandemie ontsnap,” sê Sharif.
Die DA glo dat dit teenstrydig is met sy eed, as lid van die Parlement, om so ’n gruwelike uitspraak as minister te maak, en dat so ’n sentiment ’n Parlementêre Ondersoek deur die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange regverdig. “Ons glo dat die Registrateur van Ledebelange Minister Cele moet verwys vir ondersoek vir die verbreking van sy eed en die oortreding van die kodes wat op hom bindend is. Sien die brief aan die Registrateur hier onder.
“Ons gee weereens vir president Ramaphosa die geleentheid om minister Cele te veroordeel en te tugtig, en nog beter, om hom eens en vir altyd af te dank sodat die SAPD uit sy hande wat in gebreke bly, gered kan word.”
Meer as 30 000 Suid-Afrikaners het reeds die DA se petisie onderteken om daarvoor te vra.
RC01-2022-Letter-to-Registrar-of-Members-Interest-requesting-referral-of-conduct-of-Minister-of-Police-Mr-B-H-Cele-MP-for-investigation-8-August-2022