Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke in Gauteng, het bevestig dat Thabo Regomoditswe (37), Mothapo Tshepo (38), Radebe Lesego (42) en Ncobo Zandani (45) op Vrydag, 5 Augustus 2022, in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn het nadat hulle deur die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad in hegtenis geneem is.
In ’n tydperk van drie jaar vanaf 2017, terwyl die groep in diens was van Total Energies wat onder die menslike hulpbronafdeling gedien het, het hulle na bewering ongemagtigde maatskappybeloningskaarte bekom en dit vir persoonlike doeleindes gebruik wat daartoe gelei het dat die maatskappy ’n verlies van ongeveer R2 miljoen gely het.
Die maatskappy het deur middel van sy interne forensiese oudit die onreëlmatighede opgetel en ’n saak is in Oktober 2021 vir ondersoek geopen, en daarna na die Valke oorgeplaas vir verdere ondersoek wat gelei het tot hul onlangse inhegtenisneming en daaropvolgende hofverskyning.
Hulle is almal borgtog van R1 000 elk toegestaan hangende hul volgende hofverskyning op 9 September 2022.