Die Zuma-stigting is bekommerd dat die vervolging van president Jacob Zuma nou ‘na sy kinders uitgebrei word.’
AfriNuus het vroeër berig dat die Valke ook vir Duduzile Zuma, dogter van oudpresident Jacob Zuma, vir haar beweerde rol as ‘n aanhitser van openbare geweld ondersoek.
Die Zuma-stigting vaar verder uit: “Hoe kan gesê word dat arm mense sonder slimfone, data en waarskynlik nie eers op Twitter of geletterd is deur Twitter beïnvloed is nie. Waansin!”
Duduzile Zuma het op sosiale media platforms vir Zuma-ondersteuners bedank.