Die 23-jarige Ashley Oosthuizen, wie se lewenslange vonnis weens internasionale dwelmhandel op Woensdag 17 Augustus van lewenslank na 33,4 jaar verkort is, sal appèl teen die uitspraak aanteken.
Dit beteken as die huidige vonnisse uitgedien is, sal Oosthuizen 56 jaar oud wees.
Oosthuizen se vonnis is deur ’n volbank regters in die Ko Samui provinsiale hof verkort. Oosthuizen is van mening dat sy onskuldig is en versoek dat sy vrygelaat word.
Lynn Blignaut, Oosthuizen se ma, het bevestig dat ’n appèlaansoek ingedien is, nadat sy 30 dae gehad het om teen haar uitspraak te appelleer.
Ashley Oosthuizen se ma Lynn Blignaut het ook onlangs vanuit Thailand met Mia Spies gesels, waar sy Oosthuizen in persoon kon besoek.
Oosthuizen beplan volgens Blignaut glad nie om skuldig te pleit nie.
Daar is ’n regspersoon vir elke stap van die komende regsproses, wat beteken dat daar nuwe regsverteenwoordigers vir die proses aangestel sal word.
Luister die gesprek hieronder:
Lees ons vorige berig hier: https://afrinuus.com/2022/08/pas-bekend-33-jaar-tronkstraf-vir-ashley-oosthuizen/