Justin Bieber het pas sy Justice-wêreldtoer gekanselleer weens fisieke en geestesgesondheidsprobleme nadat hy van gesigverlamming herstel het.
Die Kanadese superster het sy Instagram Story gebruik om die moeilike aankondiging te maak toe hy sy aanhangers bedank het vir hul ondersteuning.
Hy het Sondag in Brasilië opgetree nadat hy sy wêreldtoer op 31 Julie hervat het.
Bieber het geskryf: “Nadat ek van die verhoog afgeklim het, het die uitputting my oorval en ek besef dat ek my gesondheid nou die prioriteit moet maak.”
In Junie het Bieber onthul dat hy tydelike gesigsverlamming weens Ramsay Hunt-sindroom opgedoen het.
Dit beteken sy Suid-Afrikaanse toer is ook afgestel.