Koningin Elizabeth (96) is Donderdag onder mediese toesig by die Balmoral-kasteel in Skotland geplaas, nadat dokters bekommerd geraak het oor haar gesondheid, het Buckingham-paleis in ’n verklaring gesê.
“Na verdere evaluering vanoggend, is die Koningin se dokters bekommerd oor Haar Majesteit se gesondheid en het hulle aanbeveel dat sy onder mediese toesig bly,” lui ’n verklaring.
“Die koningin bly gemaklik en by Balmoral.”
Al die koningin se vier kinders en prins William is nou in Skotland om by haar te wees, insluitend prins Harry.
Opdatering: Die koningin is oorlede. Lees meer hier.
VOLG DIE JONGSTE NUUS REGSTREEKS HIER:
VOLG DIE JONGSTE NUUS HIER: