Die 67-jarige Leslie Jordan, ’n Emmy-bekroonde akteur, skrywer, komediant en sanger wat veral bekend is vir sy rolle in “Will & Grace”, “American Horror Story” en “Hearts Afire”, is oorlede.
Jordan was agter die stuur van ’n BMW toe hy om 09:30 in die kant van ’n gebou by Cahuenga Boulevard en Romainestraat in Hollywood vasgery het, het Lizbeth Lomeli, Los Angles-polisiebeampte, aan The Times gesê.
Die jarelange akteur en skrywer is op die toneel dood verklaar.
Daar word vermoed dat hy een of ander mediese noodgeval gehad het wat tot die ongeluk gelei het.
Jordan was bekend vir sy daaglikse komediese video’s wat hy op sy Instagramblad geplaas het: