President Cyril Ramaphosa het die besluit deur die Koninkryk van Saoedi-Arabië en ander OPEC (die Organisasie van Petroleumuitvoerlande)-lande verwelkom om op prysstabilisering in hul bestuur van olieproduksie te fokus.
Die Presidensie het Sondag in ’n verklaring gesê stygende oliepryse dra by tot hoër brandstofkoste in Suid-Afrika, wat verdere druk op klein besighede, verbruikers en huishoudings plaas. Die las is swaarder vir die werkersklas en ondraaglik vir die armes, het die presidensie gesê.
“Tydens die onlangse bilaterale samesprekings wat in Jeddah gehou is, het Salman bin Abdulaziz Al-Saud president Ramaphosa ingelig oor ’n aantal ekonomiese inisiatiewe waarmee die Koninkryk van Saoedi-Arabië begin, insluitend die voornemens van die Koninkryk om olieprysstabiliteit te verseker.
“President Ramaphosa het die ontwikkeling waardeer as ’n maatreël wat verligting kan bied aan Suid-Afrika se ekonomiese druk,” het die presidensie gesê.
–SAnews.gov.za