Steve Hofmeyr se jonger broer, Johann Hofmeyr (56) is gistermiddag oorlede.
In ’n inskrywing op Facebook het Steve Woensdagoggend gesê: “Ek is vandag sonder woorde. My ma bel my in trane en deel my mee my jonger broer is oorlede. Johann (Goose) was ongesteld na ’n hartaandoening maar was myns insiens sterk op pad na beterskap. Hy het gister middag tuis om 16h00 finaal inmekaar gesak. Hy was 56. Die stil Hofmeyr.
“Ons gesin dink aan Teresa en Clarise sy dogter. Maar ook aan my ma. Geen moeder moet ’n kind so groet nie. Ons harte is gebreek. Totsiens, my broer.”