BBC berig dat ’n vrou in Indonesië volgens plaaslike verslae doodgemaak en heel deur ’n luislang ingesluk is.
Jahrah (50) het Sondagoggend werk toe gegaan. Sy is as vermis aangemeld nadat sy die aand nie teruggekeer het nie, en soekspanne is uitgestuur om haar op te spoor. ’n Dag later het mense ’n luislang gevind met ’n groot maag.
Plaaslike inwoners het die slang later doodgemaak en haar lyk daarbinne gevind.
“Die slagoffer is in die slang se maag gevind,” het die Betara Jambi-polisiehoof aan plaaslike media gesê en bygevoeg dat haar liggaam grootliks ongeskonde gelyk het toe dit gevind is.