Die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-struktuur (NatJoints) het die verspreiding van fopnuus oor ‘n moontlike terreuraanval in Sandton veroordeel.
Dit sê egter dat wetstoepassingsagentskappe alle voorbereidingsmaatreëls in plek gestel het om die veiligheid van alle landsburgers te verseker.
AfriNUUS het egter met die Amerikaanse ambassade gepraat wat bevestig het dat die bedreiging eg is en ernstig opgeneem moet word. Die ambassade het ook bevestig dat dit ons nuusdiens ingelig sal hou indien meer inligting bekend is.
NatJoints sê hy het nog nie die egtheid van enige dreigemente bevestig nie.
Geleenthede in Sandton gaan egter voort soos beplan, ten spyte van die terreurwaarskuwings.
Die presidensie kon nie meer inligting verskaf nie.