Die Verenigde State van Amerika (VSA) het Maandag sanksies aangekondig teen lede van die Islamitiese Staat (Isis)-terreurgroep wat in Suid-Afrika werk, sowel as maatskappye wat hulle beheer.
Die tesourie-departement het gesê die doel is om ondersteuning vir / uitbreiding van die netwerk in sy spore te stuit.
“Vandag teiken die tesourie sleutelindividue van Isis se netwerk in Suid-Afrika, sowel as hul besigheidsbates, wat deurslaggewende rolle gespeel het om terrorisme en ander kriminele aktiwiteite in die streek moontlik te maak,” sê Brian Nelson in ‘n verklaring.
Die stap plaas vier individue en agt maatskappye op ’n swartlys, bevries enige Amerikaanse bates en beperk hul vermoë om die Amerikaanse finansiële stelsel te gebruik.
“Die VSA sal voortgaan om saam met Suid-Afrika te werk om Isis se verhoed om die land se ekonomie te ontgin om fondse in te samel en te skuif en die groei van Isis-affiliasies en -netwerke te ondersteun,” lui die verklaring verder.
Die sanksies teiken lede van die Isis-sel in Durban onder leiding van Farhad Hoomer, wat voorheen deur sanksies geteiken is. Hulle is broers Nufael Akbar en Yunus Mohamad Akbar, sowel as Mohamad Akbar en Umar Akbar.
Die maatskappye wat met sanksies getref word, is MA Gold Traders, Bailey Holdings, Flexoseal Waterproofing Solutions, HJ Bannister Construction, Sultans Construction, Ashiq Jewellers, Ineos Trading en Shaahista Shoes.
Treasury-Designates-Members-of-ISIS-Cell-in-South-Africa-_-U.S.-Department-of-the-Treasury- AFP