Een speler het pas ’n miljardêr geword.
Die Amerikaanse Powerball-boerpot van $2 miljard (R35 miljard) is Maandag in ’n trekking gewen nadat iemand al ses gelukkige nommers kon raai.
Loterybeamptes het bevestig dat dié Powerball-kaartjie in Los Angeles verkoop is. Die boerpot is die grootste in die geskiedenis van die VSA.
Die Powerball-kaartjie wat by ’n geriefswinkel in Altadena, oos van Los Angeles verkoop is, het ooreengestem met al ses nommers in Maandagaand se rekord-boerpot.
Dit is nog nie bekend wie die boerpot gewen het nie.