Meta, die eienaar van Facebook en Instagram, het Donderdag bevestig dat Instagram terug aanlyn is vir die meeste gebruikers ná ’n wêreldwye onderbreking.
Donderdag in die vroeë oggendure is ‘n tegniese probleem by die kommunikasieplatform ondervind.
“Vroeër het ’n tegniese probleem veroorsaak dat mense probleme ondervind het om toegang tot Instagram te kry. Ons het hierdie probleem so vinnig as moontlik vir almal opgelos,” het Instagram in ’n twiet gesê.
Downdetector, wat onderbrekings aanteken, het meer as 53 000 voorvalle aangemeld van gebruikers wat nie toegang tot Instagram kon kry op die hoogtepunt van die onderbreking nie.
Berigte het aangedui dat onderbrekings in die Verenigde Koninkryk, Indië, Japan en Australië opgespoor is.