Twee voormalige werknemers wat deur G4S afgedank is, is op Maandag, 1 Mei 2023, by hul woonplek in Bloemfontein in hegtenis geneem.
“Die twee sal op Woensdag, 3 Mei 2023, voor die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ‘n gevangene bygestaan het om uit wettige aanhouding te ontsnap en die regsverydeling,” het brigadier Athlenda Mathe gesê.
Die span wat hierdie saak ondersoek het tot dusver agt verdagtes gearresteer en kan nie die moontlikheid uitsluit om nog arrestasies uit te voer nie.