Rusland het voortgegaan met ’n plan om taktiese kernwapens in Belarus te stoor. Pres. Aleksander Loekasjenko van Belarus het gesê sy land het Russiese taktiese kernwapens begin aflewer, waarvan sommige volgens hom drie keer kragtiger was as die atoombomme wat die VSA in 1945 op Hirosjima en Nagasaki ontplof het.
Die ontplooiing is Moskou se eerste skuif om kortafstand kernwapens op die slagveld in die Oekraïne te gebruik.
President Wladimir Poetin sê die VSA en sy bondgenote veg ’n volskaalse oorlog teen Rusland.
“Ons het missiele en bomme wat ons van Rusland af ontvang het,” het Loekasjenko in ’n onderhoud met die Russiese Belta-staatsnuusagentskap se Telegram-kanaal gesê.
“Die bomme is drie keer kragtiger as dié wat op Hiroshima en Nagasaki ontplof het,” het hy gesê.
Russiese president Wladimir Poetin het Vrydag gesê dat Rusland, wat beheer oor die taktiese kernwapens sal behou, dit in Belarus sal begin ontplooi nadat spesiale bergingsfasiliteite om dit te huisves gereed gemaak is.
- Reuters