Foto bron: Daily Maverick
Die Wes-Kaapse polisie het een persoon in hegtenis geneem in verband met die moord op Charmaine Bailey.
Bailey, ‘n opleidingsbeampte van die Cape Amalgamated Taxi Association (CATA), is in Mei by die organisasie se Wynberg-kantoor doodgeskiet. Sy was ook die voorsitter van die Wynberg-taxivereniging.
Brigadier Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die 32-jarige vermeende moordenaar is Saterdag in Houtbaai tydens ‘n opsporingsoperasie in hegtenis geneem. Die persoon sal na verwagting Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Bailey (53), wat vir die streek se taxiraad gewerk het, is doodgeskiet terwyl sy met iemand gepraat het op die kantlyn van ‘n vergadering met taxivereniginglede van Wynberg en Houtbaai.
Oorspronklike bron: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/person-arrested-in-connection-with-murder-of-western-cape-taxi-official-charmaine-bailey-20230703