Ná 28 jaar is die seldure Dinsdag oopgesluit vir die twee mans wat Alison Botha ontvoer, verkrag, gesteek en vir dood agtergelaat het. Frans du Toit en Theuns Kruger is in Augustus 1995 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die wrede aanval op Botha.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD), het gesê Du Toit en Kruger moes in ooreenstemming met die Wet op Korrektiewe Dienste vir vrylating op parool oorweeg word nadat hulle die minimum vereiste tyd uitgedien het. Volgens Nxumalo sal Du Toit en Kruger aan ʼn spesifieke stel paroolvoorwaardes moet voldoen en aan toesig onderwerp word vir die res van hul lewens.
Du Toit ek Kruger het reeds tien jaar gelede die eerste keer om parool aansoek gedoen. Volgens wetgewing kan gevangenes wat voor 2004 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is om parool aansoek doen indien hulle reeds 13 jaar en vier maande van hulle vonnis uitgedien het.
Botha is in Desember 1994 in Noordhoek in Port Elizabeth oorval. Sy is verkrag en meer as 30 keer met ʼn mes gesteek. Kruger en Du Toit het herhaaldelik probeer om haar keel af te sny.
Sy is vir dood in die veld agtergelaat. Botha kon daarin slaag om haarself na ʼn teerpad te sleep waar sy deur ʼn motoris gered is.
Oorspronklike bron: