Foto bron: News24
Die sperdatum vir die voltooiing van ‘n multimiljoenrand-projek vir ‘n skool wat bekend is daarvoor dat hy uitstekende graad 12-uitslae in KwaZulu-Natal (KZN) lewer, is met ‘n jaar verleng.
Dit volg op ten minste ses pogings om konstruksie te stop deur gewapende bendes wat eis dat 30% van die totale projekkoste betaal moet word.
Die uitbreiding van die Hoërskool Menzi in Umlazi, wat in Junie 2022 ‘n aanvang geneem het, is aanvanklik op R37,8 miljoen begroot maar daar is nou vrese dat koste kan styg as gevolg van vertragings in konstruksie.
Die projek om 13 klaskamers en gespesialiseerde laboratoriums te bou was bedoel om in 2024 voltooi te wees. Die datum is egter na 2025 verskuif.
Sipho Nkosi, die LUR vir Openbare Werke van KZN, het gesê hy beplan om met die mafia te onderhandel in ‘n poging om die projek se voltooiing te verseker.