Die Rooi Kruis kinderhospitaal waar Tiano Anthony oorlede is.
(Foto bron: Twitter @ Red Cross Hospital)
Die negejarige Tiano Anthony het Maandagaand in die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad aan sy wonde beswyk. Lewensondersteuning is afgeskakel en die seun is oorlede.
Anthony is deur ‘n koeël in die kop getref in ’n glo toevallige skietery deur ‘n man wat na bewering ‘n bendelid is. Daar word vermoed dat die man sy geweer skoongemaak het toe ‘n skoot afgegaan het.
Die familie het bevestig dat die verdagte wat vir sy moord in hegtenis geneem is, by hulle gewoon het. “Ons het eers uitgevind toe die polisie hom in hegtenis geneem het dat hy die een was wat dit gedoen het. Ons glo dit kon ‘n ongeluk gewees wat vermy kon word,” het Tiano se tante, Michelle Malgas, gesê.
Volgens Malgas wou die familie nie hê die masjien moet afgeskakel word nie, maar mediese personeel het vir hulle gesê daar is niks wat hulle kan doen om sy lewe te red nie. “Ons wou nie hê hulle moet die masjien afskakel nie, want ons het geglo hy sal deurkom omdat hy ’n vegter is. “Maar daar was ongelukkig geen kans vir hom om dit lewendig te maak nie,” het sy gesê. Malgas het bygevoeg die masjien was reeds afgeskakel toe hulle by die hospitaal kom.