Lisa Marie Presley, Priscilla en Elvis Presley se dogter
(Foto bron: Fox News)
Nuwe inligting rondom Lisa Marie Presley se dood sluit in dat sy oorlede is weens komplikasies as gevolg van ‘n dunderm-obstruksie. Die formele verslag het gesê dat die komplikasie wat Presley ervaar het, ‘n algemene komplikasie van bariatriese chirurgie is, wat ‘n gewigsverliesprosedure is.
’n Toksikologieverslag het getoon dat terapeutiese vlakke van Oksikodoon en Buprenorfien, sowel as ’n antipsigotiese middel, ook in haar sisteem gevind is ten tyde van haar dood.
Priscilla en Elvis Presley se dogter is op 12 Januarie op 54-jarige ouderdom dood na ‘n skielike opname in die hospitaal.