Oud-president, Jacob Zuma
(Foto bron: Gallo Images)
Die Departement van Korrektiewe dienste sal volgende week aankondig of oudpresident Jacob Zuma na die tronk sal terugkeer. Die departement het bevestig vertoë van verskeie partye ontvang is met betrekking tot Zuma se opsluiting.
Die Departement se Woordvoerder, Singabakho Nxumalo, het gesê dat die Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, sal teen Donderdag ’n finale besluit neem nadat die betrokke dokumente, insluitend die uitspraak van die appèlhof in ag geneem is. Die moontlikheid dat die voormalige president sal terugkeer tronk toe kom vanaf die Konstitusionele Hof se beslissing verlede maand. Die Hof het die departement se aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n SCA-beslissing dat Zuma moet terugkeer tronk toe, van die hand gewys.
Zuma is deur die Konstitusionele Hof tot 15 maande gevonnis omdat hy die hof se bevel om gehoor te gee aan ‘n dagvaarding om voor die staatskaping-ondersoek te getuig, verontagsaam het. Zuma is egter mediese parool toegestaan deur die voormalige Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste Arthur Fraser, wat Zuma skaars twee maande in sy tronkstraf vry laat loop het.