Twee Golden Arrow-busse is Donderdag in Nyanga aan die brand gesteek.
(Foto bron: Verskaf /
’n Kaapse hospitaal is Donderdag gedwing om hulle deure te sluit nadat personeel teistering en aanvalle deur betogers ervaar het.
Daar het hierdie Donderdag chaos uitgebreek op groot snelweë in Kaapstad wat sporadiese klipgooiery en geweld ingesluit het. Pendelaars is desperaat en gestrand agtergelaat namate taxibestuurders vir ’n week lank staak. Hierdie protesaksie kom van die toenemende spanning tussen die taxibedryf en die Stad Kaapstad wat gaan oor die nuwe verordening waar die owerhede meer voertuie “impound”. Groot paaie is versper en pendelaars is gestrand gelaat en gedwing om huis toe te stap.
Mark van der Heever, die Woordvoerder van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, het gesê die Vanguard-hospitaal in Bonteheuwel het Donderdag sy deure gesluit. Hy het gesê meer inligting sal gekommunikeer word nadat meer assesserings uitgevoer word. Angus McKenzie, Wyksraadslid, het gesê “betogers het die fasiliteit bestorm” nadat nog ‘n betoger vir behandeling ingebring is by die Vanguard-hospitaal. Hy het gesê die voorval het hospitaalpersoneel getraumatiseer gelaat. Die hospitaal het oornag gesluit gebly, het McKenzie bygevoeg.
Kevin Jacobs, Woordvoerder van Kaapstad Verkeersdienste, het Vrydagoggend gesê die N7-hoofweg is in beide rigtings, tussen die Plattekloof en Malibongwe-rylaan, gesluit weens voorvalle van openbare geweld. Twee Golden Arrow-busse is ook Donderdag aangeval en in Nyanga aan die brand gesteek, terwyl sommige motoriste berig het hul voertuie is met klippe bestook. Verskeie treine is gekanselleer, terwyl ander vertragings van meer as ‘n uur ervaar het, het Metrorail Vrydag gesê.
Die protesaksie duur nogsteeds voort.