Foto bron: Verskaf
’n Internasionale studie het getoon dat meer as 70% van Suid-Afrikaners sulke hoë stresvlakke ervaar dat dit vir hul moeilik is om te funksioneer. Meer as die helfte het gerapporteer dat hulle so gestres was dat hulle met tye nie in staat was om werk toe te gaan nie.
Die Ipsos World Mental Health-opname, gebaseer op drie jaar se data van meer as 23 000 deelnemers in 31 lande, het gekonsentreer op die impak van stres en depressie op daaglikse funksionering. Dit het aan die lig gebring dat stres die arbeidsmag in Suid-Afrika aansienlik beïnvloed.
Intussen het ‘n ander verslag van UNICEF gewys dat ten minste 60% van jong Suid-Afrikaners die afgelope jaar berading nodig gehad het. Algemene uitdagings sluit in beperkte kommunikasie binne die gesin en onsekerheid oor waar om hulp te kry.
Suid-Afrika tel onder die lande wat wêreldwyd die hoogste aantal geestesgesondheidsversteurings het. Faktore wat daatoe bydra is: armoede, werkloosheid, sosiale en politieke onrus, trauma weens blootstelling aan geweld en mishandeling en beperkte toegang tot geestesgesondheidswerkers en hulpbronne .
Gesondheidskenner Vanessa Ascencao het die belangrikheid van geestesgesondheid vir algehele welstand beklemtoon, en daarop gewys dat geestesongesteldheid fisiese gesondheid, verhoudings, lewensbestaan en lewenskwaliteit kan beïnvloed, veral onder jongmense. Sy het ‘n beroep op beide die regering en gewone Suid-Afrikaners gedoen om geestesgesondheid as ‘n belangrike deel van algemene gesondheid te prioritiseer.
“Maak geestesgesondheid ‘n prioriteit deur selfversorgingspraktyke te volg soos gereelde oefening, gesonde eetgewoontes, kontak met geliefdes en ontspanningstegnieke, soos diep asemhaling, meditasie en bewustheid. Spandeer tyd in die natuur, dit is ‘n kragtige teenmiddel teen stres. As jy behandeling vir stress, depressie of angstigheid ontvang, hou by jou behandelingsplan, identifiseer snellers en soek hulp wanneer nodig,” het Ascencao gesê.
“Te midde van die lewe se vele uitdagings, is die vestiging van ‘n ondersteuningsnetwerk en die aanvaarding van strategieë om struikelblokke te bestuur, deurslaggewend vir emosionele balans en veerkragtigheid. Oorweeg dit om natuurlike stresverligtingsoplossings van hoë gehalte te neem, soos Rescue Gummies, wat vyf unieke Bach-flower essences bevat wat deur dr Edward Bach in die 1930’s ontwikkel is om te help om emosionele oorweldiging te hanteer,” het Ascencao bygevoeg.
Dr Edward Bach, ‘n bekende geneesheer en homeopaat, het ‘n holistiese benadering tot gesondheid voorgestaan en die belangrikheid beklemtoon om beide die gees en liggaam te koester. Hy het sy lewe daaraan gewy om die terapeutiese eienskappe van blomme en plante te bestudeer as kragtige instrumente om emosionele welstand te verbeter.
“Navorsing toon dat die kou-aksie ’n aansienlike vermindering in angs tot gevolg kan hê. Die Rescue Gummies is nie-gewoontevormend, smaaklik, maklik om te neem, vegan-vriendelik, glutenvry en bevat geen kunsmatige geure, versoeters of sintetiese kleurstowwe nie,” het Ascencao gesê.