AfriNUUS kan bevestig dat bykans 229 studente van Suid-Afrika met beurse in Rusland vasgekeer sit, met verblyf- en geldprobleme.
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga het bevestig dat daar tans 229 studente is wat in verskeie studierigtings (geneeskunde, veeartsenykunde, ingenieurswese, lugvaartwetenskap, kubersekuriteit en IT) in Rusland studeer.
Daar word verwag dat 67 van hierdie studente hul studies in Junie 2023 sal voltooi.
“Die studente word ten volle deur die Departement van Onderwys in Mpumalanga befonds as deel van die Provinsiale Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie,” sê Jasper Zwane, woordvoerder van die department van onderwys in Mpumalanga.
In die verlede is die plasings van die studente aan verskeie instansies gefasiliteer deur ‘n gekontrakteerde implementeringsagent genaamd Green Tutu Trading as RACUS wie se kontrak sedert Maart 2022 verstryk het.
Die departement het in Oktober 2021 ‘n tender geadverteer om ‘n implementeringsagent te werf.
Die Departement het geen antwoorde ontvang nie en gevolglik is dit hierdie maand van Oktober 2022 weer geadverteer.
“Dit is belangrik om daarop te let dat die Departement sedertdien die toelae van R4 000 tot R5 000 per student per maand verhoog het om die uitdagings wat die studente ondervind as gevolg van die konflik waarby Rusland en Oekraïne betrokke is, te versag,” sê Zwane.
Gedurende dit alles kon die Departement die maandelikse toelae verwerk vir alle studente behalwe vir 15 wie se bankbesonderhede nie ten volle in werking was nie.
Ander opsies word tans ondersoek om die saak op te los.
Verder kon die Departement 56 studente vir drie weke in Augustus 2022 vir reses huis toe bring en is gehelp om in September 2022 suksesvol terug te keer na Rusland.
Daar is 68 studente wat reeds vanjaar gegradueer het en ons het in September 2022 na die land teruggebring.
Die uitdaging wat die Departement tans aanspreek, gaan oor die betaling van verblyf en onderrig.
Dit sal na verwagting teen 14 Oktober 2022 afgehandel wees soos vereis deur Russiese universiteite.
Die departement het tans nie inligting oor studente wie se akademiese kontrakte beëindig is nie, asook studente wat uit hul onderskeie verblyfplekke gesit is.
Die Departement is tans in gevorderde gesprek met die Suid-Afrikaanse Ambassade in Rusland en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) in ‘n poging om die betaling van onderrig en verblyf vir die studente te versnel.
“Die Departement het oop kommunikasielyne met studente gevestig en hulle word voortdurend op hoogte gebring van vordering.
“Alles wat menslik moontlik is, word deur die Departement gedoen om te verseker dat die akademiese en lot van studente nie in die gedrang kom nie.”