’n 30-jarige ma van twee kinders van Tennessee in die Verenigde State van Amerika is nou in ’n stabiele toestand met “steke en bytmerke oor haar hele lyf” nadat sy probeer ingryp het toe haar twee pitbulle haar kinders Woensdag verskeur het.
Kirstie Jane Bennard (30) is ernstig beseer deur die honde toe sy probeer het om hulle van haar vyf maande oue seuntjie, Hollace Dean, en 2-jarige dogter, Lilly Jane, net buite hul huis in Shelby County los te kry.
Albei die kinders is op die toneel dood verklaar, volgens ’n Twitter-plasing wat deur Shelby County Sheriff’s Office gemaak is.
Bennard se toestand is glo stabiel, maar die ma het ’n “ontelbare hoeveelheid steke en bytmerke oor haar hele lyf, insluitend haar gesig,” het Jeff Gibson – die oom van man Colby Bennard – op Facebook geskryf.