Boris Johnson het aangekondig dat hy nie vir die Tory-leierskap sal staan nie.
BBC berig dat hy ondanks die ondersteuning van die LP’s wat nodig is om te kan deelneem, tot die gevolgtrekking gekom het dat “dit eenvoudig nie die regte ding sou wees om te doen” as “jy nie effektief kan regeer tensy jy ’n verenigde party in die Parlement het nie.”
Hy sê hy het die steun van 102 LP’s gehad.