Dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, sê dat ná sy aankondiging dat wetstoepassingsagentskappe die aanbevelings van die Zondo-kommissie gaan implementeer, moet president Ramaphosa die uitlewering van die Gupta-broers aan Suid-Afrika uit Dubai bespoedig.
“Elke dag wat hul uitlewering vertraag word, is ’n dag dat die mense van die Vrystaat geregtigheid geweier word,” sê dr. Jankielsohn.
Beide Atul en Rajesh Gupta, wat sedert Junie in Dubai opgesluit is, was betrokke by uitgebreide staatskaping in Suid-Afrika en die Vrystaat.
“Die Vrede-suiwelprojek was van die eerste korrupte transaksies wat hulle aangegaan het en het die Vrystaat tussen 2012 en 2017 altesaam R336 368 000 gekos, en ’n verdere R20 miljoen elke jaar sedertdien,” sê dr. Jankielsohn.
Die DA het op 28 September 2022 ’n verdere oorsigbesoek aan die projek gebring om met die begunstigdes te vergader, wat eers na nege jaar op 14 Januarie 2022 hul regmatige deel van die projek ontvang het. Terwyl die begunstigdes grond en aandele in die projek het, staar hulle tans baie struikelblokke in die gesig wat die gebrek aan ondersteuning deur die provinsiale regering insluit.
“Dit bly belangrik dat diegene wat verantwoordelik is vir die misbruik van hul name om provinsiale regeringsfondse onder die voorwendsel van ’n wettige projek te plunder, verantwoordelik gehou moet word. Hierdie individue sluit in die Gupta-broers en voormalige Vrystaatse politici soos voormalige premier Ace Magashule,” sê dr. Jankielsohn.
Dr. Jankielsohn kon verlede week eerstehands die weelderige leefstyl sien wat die Guptas in Dubai geniet het in ’n luukse behuisingskompleks in ’n indrukwekkende stad terwyl 63% van Vrystaters, wat slagoffers van korrupsie is, in armoede leef sonder basiese dienste. “Die arrestasie van die Guptas, en die hoop dat hulle binnekort uitgelewer sal word om aanspreeklik gehou te word vir hul diefstal van Vrystaatse hulpbronne, sal ’n stap in die regte rigting wees in die stryd teen provinsiale staatskaping en korrupsie,” sê dr. Jankielsohn.
Die DA sê dit sal voortgaan om wetstoepassingsagentskappe te beywer om die proses te bespoedig om te verseker dat al die individue wat by die plundering van die Vrystaat betrokke was, geregtigheid in ons howe in die gesig staar.