Phillip Dukashe, Eskom se uitvoerende hoof van kragopwekking, het vandag sy bedanking by die Eskom-hoof, André de Ruyter, ingedien.
Alhoewel dit nie bekend is waarom Dukashe bedank het nie, het Eskom bevestig dat die kragmaatskappy hom bedank vir sy ‘ryk nalatenskap van onbaatsugtige leierskap’.
Rhulani Mathebula, huidige hoofbestuurder van opwekking by Eskom, sal as die uitvoerende hoof van kragopwekking waarneem aangesien Phillip Dukashe die kragreus aan die einde van die maand verlaat.