Eskom het ‘n verklaring uitgereik waarin die nutsmaatskappy waarsku dat sy kragstelsel gedurende spitstye onder enorme druk verkeer.
Fase 2-beurtkrag sal vanaf 17:00 tot 22:00 vanaand geïmplementeer word, namate opwekkingskapasiteitbeperkings toeneem.
Eskom waarsku dat die kragnetwerk vir die res van die week gedurende dié tye onder druk sal verkeer.
Eskom sal na verwagting daagliks ‘n opdatering gee oor die kragstelsel se vermoë om in die land se vraag na elektrisiteit te voldoen.
Skedules kan afgelaai word by loadshedding.eskom.co.za of deur middel van die EskomSePush-toep.