Adv. Kholeka Gcaleka, waarnemende openbare beskermer (OB), het President Cyril Ramaphosa opdrag gegee om nie sy antwoorde op die vrae rakende die beweerde toesmeerdery van die Phala Phala-diefstal openbaar te maak nie.
Die African Transformation Movement (ATM) het in ’n verklaring bevestig dat advokaat Gcaleka die antwoorde op die vrae wil verseël.
AfriNuus het vroeër berig dat president Ramaphosa die antwoorde op 22 Julie verskaf het op vrae wat die kantoor van die OB aan die president gerig het.
Die OB het gesê dat die ondersoek in gedrang gebring sal word indien die antwoorde op die vrae oor die Phala Phala-skandaal aan die media gelek of openbaar gemaak word.
In ’n e-pos wat op 4 Julie aan Ramaphosa se prokureurs gestuur is (sien hier onder), het die OB se kantoor die president se prokureurs gevra om seker te maak dat wanneer die antwoorde van die Presidensie gereed is, dit net aan die OB gestuur word en dat niemand anders in die e-pos ingesluit word nie.
“Ons wil voorsorgmaatreëls tref om enige lekkasie van sulke dokumente aan die media te vermy wat sodoende die ondersoek in gedrang sal bring en in gevaar stel.”
Lees meer:
SA-President-23.07.22 ATM-DEMANDS-TRANSPARENCY-FROM-THE-DEPUTY-PUBLIC-PROTECTOR