Netcare 911 het bevestig dat die nooddiens Dinsdag om 12:07 gereageer het op ’n skietery by ’n ongebruikte myn langs die R28 in Luipaardsvlei, Krugersdorp aan die Wes-Rand.
Verslae dui daarop dat verskeie wetstoepassingsagentskappe saam met mynowerhede ’n klopjag teen Zama Zama’s (onwettige myners) uitgevoer het.
’n Skietgeveg tussen Zama Zama’s en die owerhede het uitgebreek.
’n Onwettige myner, ’n volwasse man, is in die kop geskiet nadat hy ’n vuurwapen op die polisie gerig het.
Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Verskeie ander onwettige myners is beseer nadat hulle probeer ontsnap het.