Foto bron: Verskaf
Pasiënte wat kolon- of rektumkankeroperasies ondergaan het met nuwe robot tegnologie by die Tygerberg- en Groote Schuur-hospitale in Kaapstad, druk hul dankbaarheid uit vir die geleentheid.
Leon Koks, ‘n pasiënt wat in 2022 ‘n robotoperasie vir kolonkanker ondergaan het, het sy dankbaarheid teenoor Groote Schuur-hospitaal uitgespreek en Dr. Claire Warden gepreus vir haar ondersteuning gedurende die proses.
Koks het sy positiewe ervaring beskryf, waar hy die suksesvolle operasie, vinnige herstel en afwesigheid van komplikasies beklemtoon het, en sy dankbaarheid vir die nuwe tegnologie uitgespreek.