Tete Dijana het Sondag as die kampioen van vanjaar se 95ste Comrades eerste oor die wenstreep gehardloop!
Dijana het ’n afstand van bykans 90 km (vanaf die Pietermaritzburg-stadsaal tot by die Moses Mabhida-stadion in Durban) afgelê.
Die veiligheidswag van Noordwes het die Moses Mabhida-stadion bereik in ‘n ongelooflike tyd van 5:30:38.
Alexandra Morozova van Rusland het die vrouetitel gewen in 6:17:48.