“Prudence, sal jy met my trou? Ek het 90km vir jou gehardloop.“
Dít is die roerende woorde wat Joseph Kagiso Ndlovu (57) op ’n banier geskryf het toe hy vandag die Comrades-marathon-eindstreep by die Moses Mabhida-stadion in Durban oorgesteek het.
Sy verloofde het boonop die ja-woord gegee.