Die Adventist-atletiekklub het in ’n verklaring gesê dat dit hartseer is oor die skielike dood van Phakamile Ntshiza (Phaks) by die Comrades-marathon op Sondag 28 Augustus 2022. Phakamile het in Drummond ineengesak. Hy het 43,9km van die 90km-marathon voltooi.
AfriNuus het vroeër berig dat Mzamo Mthembu van die Hollywoodbets-atletiekklub ook gesterf het nadat hy in Pinetown ineengesak het.