Leon Lourens, uitvoerende hoof van Pepkor, het die direksie van Pepkor Maandag in kennis gestel van sy voorneme om met ingang van 31 Maart 2023 af te tree. Leon sal as die uitvoerende hoof en uit die direksie bedank.
Leon werk al vir 32 jaar vir Pepkor en is sedert 6 Desember 2017 die uitvoerende hoof van die maatskappy.
Leon sal vervang word met die maatskappy se vorige uitvoerende hoof, Pieter Erasmus, wat van 2001 tot 2017 as die maatskappy se uitvoerende hoof gedien het.
Pepkor is die moedermaatskappy van onder meer Pep, Incredible Connection, Ackermans, Shoe City, Capfin, Refinery, Bradlows, Tekkie Town, Timbercity, Buco en Hi-Fi Corp.
Lees meer:
SENS_20220829_S465081