Kaapstad het die afgelope naweek die Rugby Wêreldbeker-sewestoernooi 2022 suksesvol aangebied, waar Australië en Fidji as vroue- en manskampioene van die vierjaarlikse toernooi by die DHL-stadion gekroon is.
Amptelike syfers toon dat meer as 105 000 toeskouers tussen Vrydag 9 September 2022 en Sondag 11 September 2022 die Rugby Wêreldbeker-sewestoernooi by die DHL-stadion bygewoon het.
Hierdie syfers breek die vorige rekordgetalle wat in 2018 by die Rugby Wêreldbeker-sewestoernooi (RWC 7’s) in San Francisco opgestel is.
“Dit was ongelooflik om te sien hoe die ondersteuners in hul getalle uitkom om na Afrika se eerste Wêreldbeker-sewestoernooi ooit te kyk. Die atmosfeer was ongelooflik en die aksie op die veld het die ondersteuners op die punt van hul stoele gehou. Baie werk is gedoen om dit ’n suksesvolle geleentheid te maak. Ek wil graag namens die Stad Kaapstad almal bedank wat betrokke was by die beplanning en uitvoering van hierdie baie spesiale geleentheid. Ons wil ook graag ons dank aan Wêreldrugby uitspreek vir hul vertroue in Kaapstad se vermoë om groot byeenkomste aan te bied. Dit was ’n plesier om die meer as 105 000 sportliefhebbers in ons pragtige stad te huisves,” het burgemeester Geordin Hill-Lewis gesê.
Met ’n totaal van 84 wedstryde wat oor drie dae gespeel is, is die ondersteuners in Kaapstad en diegene wat oor die hele wêreld via televisie kyk, bekoor gehou deur die vinnige rugbywedstryde.
Die meerderheid van die geprojekteerde elektrisiteit wat deur die geleentheid gebruik is, insluitend dié van kragopwekkers op die perseel, is beperk deur hernubare energiesertifikate (REC’s) wat deur die Stad Kaapstad verskaf is.
Dit beteken dat vir elke kWh-elektrisiteit wat tydens die geleentheid gebruik is, ’n kWh hernubare energie van die Darling-windplaas direk toegeken is.
Deur geleenthede met Hernubare Energie-sertifikate (REC’s) te vergroen, ondersteun die munisipaliteit volhoubare byeenkomste en plaas Kaapstad op die kaart as ’n groen byeenkomsgasheerstad.
Boonop het duisende aanhangers gebruik gemaak van die gratis MyCiTi-geleentheidpendeldiens en Fan Walk, wat vir al drie dae oop was en die gemak van toegang tot en uitgang van die geleentheid vergemaklik het.