Roger Federer, die Switserse tennisspeler, het Donderdag sy uittrede uit tennis op die ouderdom van 41 jaar aangekondig.
Die 20-malige Grand Slams-kampioen sukkel die laaste drie jaar met ’n knieprobleem en het besluit dat dit nou die tyd is om weg te stap.
Federer sal volgende naweek vir die laaste keer aan die ATP-spantoernooi in Londen deelneem.
Federer het die aankondiging gemaak deur ’n boodskap wat op Twitter geplaas is.