Vir Schalk Cilliers, besturende direkteur van ATKV Sake, was die Covid-19-pandemie die groot keerpunt in sy lewe. Hy sê: “Die Here is hier, Hy is by ons. Hy is die hele dag saam met ons. Ons besef dit nie altyd nie. Ons moet Hom net in ons private ruimte aanvaar. Ons wil altyd dinge op ons eentjie doen, maar die hulp is nader as wat ons dink.
“As ons net eers besef die krag lê in ons om, in die Here se Naam, die regte besluite te kan neem. Om die regte benadering te volg met die mense om ons. Om te probeer verstaan waarom tree mense op soos wat hulle optree.”
Lees meer op LiG se webtuiste hier.
Die berig is oorspronklik op LiG se webtuiste gepubliseer en met vergunning hier geplaas.