Die polisie in Seshego het ’n soektog van stapel gestuur na ses onbekende manlike verdagtes wat op Vrydag 24 Februarie 2023 na bewering twee vroue beroof, een van hulle verkrag het en daarna motoriste aangeval het wat stilgehou het om die slagoffers te red.
Een van die slagoffers is deur een van hulle doodgekap en ernstig beseer. Die ander een is by Madiba Park, Seshego buite Polokwane, aangeval.
Die twee vroue van 25 en 30 jaar oud het glo vanaf die kitsbank by die vulstasie huis toe gestap toe hulle deur ses onbekende mans om 20:45 genader is.
Die verdagtes het hulle van hul selfone en geld beroof. Een van die verdagtes het die jonger dame gegryp en in die nabygeleë bosse ingetrek en haar verkrag.
Die verkragtingslagoffer het daarin geslaag om haarself te bevry en na die pad gehardloop en om hulp te soek.
’n Voertuig met vyf insittendes het glo langs haar stilgehou en sy was besig om te verduidelik wat gebeur het toe dieselfde verdagtes hulle aangerand het. Hulle het een van die mans wreed met ’n skerp voorwerp gekap en hy is op die toneel dood. Nog ’n insittende is met ’n mes gesteek en ernstig beseer.
Die polisie is in kennis gestel en met hul aankoms op die toneel het hulle die oorledene met groot wonde aangetref. Die beseerde slagoffer is hospitaal toe geneem.
Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, luitenant-generaal Thembi Hadebe, het beveel dat hierdie genadelose misdadigers vasgetrek en aan die hof gebring word.
Die verdagtes het glo ‘n vreemde taal gepraat en hulle is vermoedelik Zimbabwiese burgers. Die SAPD doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die verdagtes om die naaste polisiestasie of die misdaadstopnommer by 0860010111 te kontak of hulle kan ‘n boodskap via die MySAPS-toepassing stuur.
Sake van moord, poging tot moord, verkragting en roof is geopen en ondersoeke duur voort.