Die hooggeregshof in Polokwane in Limpopo het Hlalefang Serumula (27) en Sefako Isaiah Modipa (30) onderskeidelik tot 18 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en skuldig bevind vir die moord op Alpheus Kgotlha Majadibodu.
“Die beskuldigde het onskuldig gepleit en verkies om stil te bly. Tydens die verhoor het die staatsgetuies getuig dat die beskuldigdes die oorledene tot by die huis van Letta gevolg het. Dit is hier waar die beskuldigde en ander groepe die deure en vensters van die huis, waar die oorledene en sy metgesel skuiling gesoek het, beskadig het. Die oorledene en sy vriende het besluit om te vlug en dit is toe dat die oorledene deur die beskuldigde gevind is,” het Mashudu Malabi-Dzhangi, NVG-streekswoordvoerder in Limpopo, in ’n verklaring gesê.
“Die beskuldigde het hom met verskillende wapens aangerand en die slagoffer het op die toneel gesterf. Dr. Stefanie Storm het ’n nadoodse ondersoek gedoen en die oorsaak van dood aangeteken as skerp beserings aan die kop, bolyf en ledemate,” het Malabi-Dzhangi bygevoeg.
Ter verswaring van die vonnis het die staatsaanklaer, advokaat Nkhhetheni Munyai, aangevoer dat die beskuldigde skuldig bevind is aan ’n baie ernstige oortreding, en ’n minimum vonnis van lewenslange tronkstraf opgelê moet word.
Hy het verder gesê dat die oorledene ’n wrede dood gesterf het, en hy is op ’n vigilante wyse deur ’n groep mense aangeval.