’n Man is in hegtenis geneem nadat ’n motor in die Downingstraat-hekke vasgery het.
Die plaaslike polisie het volgens BBC gesê hy is aangehou op die vermoede van kriminele beskadiging en gevaarlike bestuur, maar die voorval word nie as terreurverwant behandel nie.
Niemand is in die voorval beseer nie. 10 Downing Street het bevestig dat premier Rishi Sunak ten tyde van die voorval in sy woning in 10 Downing Street was.
Die gebied, wat die hart van verskeie regeringskantore is, is gedeeltelik ontruim ná die voorval om 16:20 Britse tyd.
Die premier en die kanselier was in Downing Street ten tyde van die ongeluk. Sunak het intussen vertrek vir ’n geskeduleerde besoek.